Archives For February 2016

Ek is nogal ‘n groot aanhanger van die huweliksterapeut Dr John Gottman se werk. Dr Gottman is ‘n emeritus professor by die universiteit van Washington. Hy is in 2007 bekroon as een van die 10 invloedrykste terapeute van die afgelope 25 jaar. Hy het bekendheid verwerf met sy vermoë om met 94% akkuraatheid te voorspel of ‘n egpaar se huwelik in ‘n egskeiding gaan ontaard of nie.

Hy meet dit aan die hand van ‘n 3 uurlange ondersoek. Daar is 4 merkers in die huwelik wat getoets word:

  • Kritiek:Volgens Gottman is huwelike wat minder as 5 komplimente vir elke kritiese opmerking uiter, ‘n risiko vir egskeiding. Verder kyk hy nie net na hoeveel kritiek uitgespreek word nie, maar ook na hoe aanvallend dit gedoen word.
  • Minagtende gedrag (Contempt): Watter minagtende gedrag is daar in die kommunikasie tussen die huweliksmaats teenwoordig? Is daar sarkasme? Rol die een beterweterig oë vir die ander een? Is daar snedige opmerkings oor mekaar se familie? Hoe meer die minagtende gedrag, hoe groter is die risiko vir egskeiding.
  • Selfregverdiging (defensiveness): Is daar die openheid om ‘n probleem aan te spreek, of spring die een dadelik op sy perdjie? Is daar begrip dat aksies ‘n maat kon seermaak, of verontskuldig die persone die heeltyd hulself? Party sal selfs die blaam terugprojekteer. Hierdie is alles merkers van ‘n ongesonde huwelik.
  • Emosionele ontoereikendheid (Stonewalling): Gee huweliksmaats mekaar die koue skouer? Is daar kommunikasie of ignoreer hulle mekaar? Hoe meer die een huweliksmaat emosioneel ontoereikend optree, hoe slegter teken is dit vir die herstel van die huwelik.

Hierde model van Gottman het my al baie aan die dink gesit. Eintlik is sy huweliksraad nie net van toepassing op huwelike nie, maar op menseverhoudinge oor die algemeen. Jy sou dieselfde stel merkers kon gebruik om byvoorbeeld werksbevrediging te voorspel. Niemand van ons hou immers van ‘n werksomgewing waar mense mekaar meer kritiseer as komplimenteer nie (terloops, Harvard Business Review het al hieroor navorsing gedoen); Of dink net hoe breek dit die moraal in ‘n werksomgewing as iemand die heeltyd sarkasties optree (minagtende gedrag). Dus, Dr Gottman se model sou nie net as barometer van huweliksbevrediging kon dien nie, maar ook vir werksomgewings – en anders areas waar mense met mekaar moet saamleef.

Dit het my met die gedagte laat begin speel, wat sou gebeur as ons Gottman se toetse sou gebruik om die gesondheid van versoening in Suid Afrika te meet? Teen die tyd ken jy my as iemand wat uitgesproke positief is oor ons reënboognasie. Maar ek moet eerlik wees dat ek nie aldag hou van wat ek sien nie… Continue Reading…